Advice and Support for South Africans Immigrating to New Zealand

South Africans Going To New Zealand

Author Topic: Yanks Vry na hardwerkende jonges van SA  (Read 2561 times)

Offline Nolan

  • Administrator
  • Supreme Being
  • *****
  • Posts: 8202
  • Stanmore Bay, Auckland
    • Art by Nolan
Yanks Vry na hardwerkende jonges van SA
« on: January 17, 2007, 10:00:30 am »
News24
06/01/2007

Amerika – veral die boere hier – is naarstig op soek na soveel jong Suid-Afrikaanse seisoenwerkers as wat hulle kan kry.

Die rede is dat jong Amerikaners min lus is vir werk en dat Suid-Afrikaners uiters betroubaar is.

Die Amerikaanse regering slaan ook toe op onwettige immigrante en boere kry nie meer die strome werkers uit Mexiko en Suid-Amerika nie.

“Daar is makliker werk vir Amerikaners om te doen. Dit kos ons meer om Suid-Afrikaners aan te stel, maar ons kry eenvoudig nie meer van ons eie mense nie,” het mnr. Mike Brosnan van Brosnan Farms, ’n lusernboerdery in Suid-Dakota, aan Rapport gesê.

“Die meeste Suid-Afrikaners word groot op plase. Hulle werk versigtig met die duur toerusting en kan dit herstel. Dit beteken baie vir ons.

“Ons stel voertuie aan hulle beskikbaar en daar was nog nooit probleme nie. Ons huise staan oop en hulle gebruik ons rekenaars, selfs al is ons nie tuis nie,” het Brosnan gesê.

Me. Tina Andrew van Employment USA in Amerika gaan verskeie werwingadvertensies in Suid-Afrikaanse koerante en tydskrifte plaas. Daar was ’n geweldige toename in die vraag na werkers onder werkgewers in Amerika vanjaar.

Sy is gevra om volgende week by die Amerikaanse Federasie van Byeboere te praat nadat dit bekend geword het dat Suid-Afrikaanse werkers bereid is om op byeplase te werk.

Me. Belinda Mohr van Employment USA in Pretoria sê daar is werkgewers wat hul deure sal moet sluit as dit nie was vir die Suid-Afrikaanse werkers wat elke seisoen vir hulle kom werk nie.

Suid-Afrikaners is hardwerkend, praat Engels en is betroubaar. Daar is nou werk vir tussen 600 tot 700 werkers aan die begin van die seisoen. Die werkgewers met wie Emoployment USA werk, het die afgelope vyf jaar verdubbel.

Mnr. Tyron van Heerden van Durban het eers op plase gewerk en doen tans diens by ’n ski-oord in Montana. Hy sê die eienaar van die ski-oord het reguit vir Andrew gesê sy sal soveel Suid-Afrikaners in diens neem as wat hulle kan stuur.

“Baie Amerikaners kom op die plase werk, maar hulle hou nie lank nie. Ná twee of drie maande verdwyn hulle sommer in die nag. ’n stroper-kontrakteur in Missouri het vir my gesê as hy nie meer Suid-Afrikaners kry nie, gaan hy sy bedrywighede staak.”

Me. Jean-Mari van Dyk van Vryburg werk op die byeplaas Brownings Honey Inc. in Noord-Dakota saam met nog sewe Suid-Afrikaners. “Ons werk beslis harder as hulle (die Amerikaners).”