Advice and Support for South Africans Immigrating to New Zealand

South Africans Going To New Zealand

Author Topic: Phumzile stil oor bank se veldtog  (Read 1209 times)

Offline Nolan

  • Administrator
  • Supreme Being
  • *****
  • Posts: 8202
  • Stanmore Bay, Auckland
    • Art by Nolan
Phumzile stil oor bank se veldtog
« on: February 05, 2007, 03:54:57 pm »
Phumzile stil oor bank se veldtog
Feb 04 2007 09:28:24:887PM  - (SA) 
Carien du Plessis


Die misdaadsituasie is wel die afgelope naweek tydens die lekgotla van die ANC se parlementêre koukus bespreek, hoewel Eerste Nasionale Bank (ENB) se advertensieveldtog nie ter sprake gekom het nie.

Adj.pres. Phumzile Mlambo-Ngcuka kon gisteroggend tydens ’n media-inligtingsessie nie kommentaar lewer oor aantygings dat die regering ENB gedwing het om hul veldtog te onttrek nie, omdat dié nuus gister eers bekend geword het en nie by die lekgotla bespreek is nie.

Sy het egter gesê sy is “net so besorg soos die volgende persoon dat ons die werk moet voorsit”.

Sy het gesê die belangrikste is dat gemeenskappe saam met die regering werk, veral teen misdade wat tuis gebeur en wat die polisie “nie outomaties aan blootgestel word nie”.

Selfs al het misdaad volgens statistieke gedaal, moet gewerk word om dit nóg meer te laat daal, het sy gesê.

Mnr. Andries Nel, die waarnemende ANC-hoofsweep, het die bespreking oor misdaad beskryf as “gedetailleerd” en “taktvol”.

Die vakbond Solidariteit het intussen teen die onttrekking van die veldtog uitgevaar en gesê ENB se “goeie idees” moet nie verlore gaan nie.

Hulle het terselfdertyd planne vir ’n “groot alternatiewe veldtog” bekend gemaak en hoop om minstens 20 vakbonde te betrek om “die ENB-veldtog selfs te troef”.

Mnr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het gesê mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, kan ENB se mond snoer “maar hy sal nie die gemeenskap se monde snoer nie”.

“Ons veldtog kan die regering selfs in die hof laat beland,” het hy gesê.

Duisende briewe uit die gemeenskap gaan aan pres. Thabo Mbeki gestuur word terwyl proteskonserte, internetveldtogte, gemeenskapsprogramme en ’n nasionale dag van protes beplan word “om die regering te dwing om misdaad hoër op sy prioriteitslys te plaas”.

Offline Nolan

  • Administrator
  • Supreme Being
  • *****
  • Posts: 8202
  • Stanmore Bay, Auckland
    • Art by Nolan
Re: Phumzile stil oor bank se veldtog
« Reply #1 on: February 05, 2007, 04:04:35 pm »
As die misdaad syfers kamstig dan gedaal het, hoekom het die regering vir ENB gesnoer met hul teen-misdaad veldtog?

Dalk bang dat die poskantoor nie al die briewe sou kon hanteer nie? of nog erger
Bang dat hulle iets daaromtrent sal moet doen? of nog erger
Bang dat hulle dalk ook in die tronk gaan beland en eintlik hul hele vonnis moet uitdien?

SA Going to NZ Advice Forum

Re: Phumzile stil oor bank se veldtog
« Reply #1 on: February 05, 2007, 04:04:35 pm »