Advice and Support for South Africans Immigrating to New Zealand

South Africans Going To New Zealand

Author Topic: Skielik skyn die son helderder in die vreemde  (Read 1184 times)

Offline yolanda

  • Newbie
  • *
  • Posts: 33
Skielik skyn die son helderder in die vreemde
« on: February 12, 2007, 07:20:38 am »
Skielik skyn son helderder in die vreemde
Feb 07 2007 10:16:43:843AM  - (SA)   

 Druk artikel 
 E-pos storie aan 'n vriend
 
El Ñino was goed vir ons. Al was dit `n bietjie koel het dit ten minste nie gereën nie.
Oupa en Ouma het immers vir ons kom kuier uit Suid-Afrika. My ma het daarop aangedring om Christchurch toe te gaan, by die huis het Salie vir haar vertel dis die mooiste plek op aarde.

Ek dink Salie is naby aan reg.

Ons spandeer baie tyd op Cathedral Square. Die plek is woelig met straatkunstenaars, kraampies met allerande snuisterye, elke 5 minute stop een van die trems op die plein en natuurlik die katedraal.

Binne het ek 'n foto geneem van my Suid-Afrika se wapen. Ex unitate vires - Eendrag maak mag.

Ongelukkig is dit net `n herhinnering aan beter dae toe ons nog saamgestaan het, die ossewa op die wapen laat my dink aan my medeburgers in Kanada, Australië, Engeland, die VSA en hier in Nieu-Seeland.

Die lemoenboom op die wapen stel die Kaliforniese nawels voor wat ek moet eet en die wildebeeste word vervang met takbokke.

Alhoewel ek veilig voel hier in die vreemde, is daar steeds vrees in my hart en het ek `n hol kol op my maag as ek in die oggend Beeld se webblad oopmaak.

Miskien is dit my familie se beurt om deel te word van die moord en doodslag in Suid-Afrika of miskien sal die gevreesde berig in die koerant wees dat Madiba dood is.

Wat as die doemprofete reg is en dit die vonk in die kruitvat is vir 'n volskaalse bloedbad? Sal ek hier sit en huil of sal ek teruggaan en gaan help?

Hopelik sal dit net so vreedsaam verbygaan soos die 1994-verkiesing en sal die "siener-dissipels" sousboontjies en boeliebief eet wat hulle warm maak op gasstofies vir die volgende ses maande.

Al die nuwe immigrante het hul eie stories van gruweldade wat gepleeg is, almal is dit eens dat hulle dit net betyds gemaak het en hulle dank die Here daarvoor.

Dankie aan Helen Clarke en haar regering dat hulle bereid is om hulle land beskikbaar te maak vir ons om oor te begin. My laer skool se leuse is "Skouer aan die wiel" - dit is presies wat ons doen en ons sal weer bo uitkom, ten minste het ons geleer dat ons hard moet werk om iewers te kom.

Dit klink vir my baie beter as Dulce et decorum est pro patria mori - dis `n eer om vir jou land te sterf.

Dis nie `n eer as my kind se skedel teen ossewa se wiel vergruis word nie. Skielik skyn die son helderder hier in die vreemde en nie omdat die gat in die osoon reg bokant ons is nie.

Groete
Johannes van Dyk