Nes jy daar sê schalk

Ek is al die hele oggend

Daar was 'n remoer in die straat vanoggend en toe ek ry sien ek my elec heinig oor die hek is afgebreek en lê oor die hek in 'n kraaines!

Gelukkig is ons fine en niks is weg nie (wat ons kan sien) maar ek stres al die hele dag oor wat dalk vannaand gaan gebeur!
Sommer vir Luke in NZ gebel en bevlieg oor sy WP te lank vat en ons hier soos hoenders in 'n hok moet wegkruip terwyl hy veilig is! Asof dit sy skuld is en dit is nou maar 'n week. Maar mens verloor heeltemal jou kop as sulke dinge gebeur.
So ja, vandag is my bloeddruk baie hoog, ek huil, voel mismoedig en kwaad en bo
als BANG vir die nag wat voorlê

Ek sien SO uit na die tipe lewe wat jy nou so mooi beskryf het

Bid tog vir ons dat daai WP net kan kom en ons hier kan uit!!