Advice and Support for South Africans Immigrating to New Zealand

South Africans Going To New Zealand

Author Topic: Nou is dit die tiener se ma  (Read 4873 times)

Offline aniena

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 278
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #30 on: July 16, 2008, 10:48:59 pm »
Ja mens kan nie glo watse klasse hulles alles aanbied nie.  Hubby gaan begin met klavierklasse die kwartaal.

Op ons lyste se hulle jy kan ook kom as jy 'n werkspermit het - kos net bietjie duurder.

Offline Cameleon

  • Certified Addict
  • ******
  • Posts: 1278
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #31 on: July 16, 2008, 10:53:29 pm »
Ja, ek weet! Ek gaan in elk geval bel en hoor aangesien ons PR pending is. Dit sal lekker wees om so iets by te woon, en hulle het 'n verskeidenheid wat hulle aanbied. Arts, crafts, photography, languages, health & fitness, cooking, computing, business and dance.

Daar is ook 'n International Friendship Group, waar immigrante weekliks kan inloer en 'n koppie koffie/tee kan geniet, en meer van die omgewing, ens te hore kan kom. Dit word deur kiwis en immigrante bygewwoon. As daar nou iemand is wat saam met hierdie siel wil gaan, sodat sy nie uitchicken en tot daar ry, en wegry sonder om in te gaan nie.....  :blush:



SA Going to NZ Advice Forum

Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #31 on: July 16, 2008, 10:53:29 pm »

Offline Nolan

  • Administrator
  • Supreme Being
  • *****
  • Posts: 8202
  • Stanmore Bay, Auckland
    • Art by Nolan
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #32 on: July 16, 2008, 11:00:40 pm »
sal na die cooking een toe gaan O0

Offline Doreen

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 406
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #33 on: July 17, 2008, 12:46:33 am »
Ja, Nolan ek self dink die geld is bietjie min...wou dit met jou toets!! Maar ek wonder of dit nie deur die staat betaal word nie. Dat die staat dalk die onderwysers betaal.

Dink ook ek sal maar aan die anderkant van die klas staan as wat ek aan gewoond is en kosklasse doen - bedoelende vat dan maar self eerder klas as om klas aan te bied!!  ;)

Offline aniena

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 278
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #34 on: July 17, 2008, 04:48:01 am »
Hi Mags waar is jy in ons liewe nz???  Sou wou saam gaan.  Sien nie die internationale friendship ding hier by ons nie, sal maar nog rondvra en kyk.

Die volunteer ouens het ook 'n kusus storie, ek is nog besig om uit te vind, maar dit lyk my - as jy volunteer vir opleiding vir first aid, brandbestreiding, search and rescue ens dan lei hulle jou op- is nogal lus vir so iets.  Bietjie aksie hopelik later!!!

Die Doulos skip was gister regtig, lekker - rondgeloop, gekuier met van die mense en net die hawe geniet!!!

Offline Cameleon

  • Certified Addict
  • ******
  • Posts: 1278
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #35 on: July 17, 2008, 05:04:33 am »
Hi aniena
Ek is so bly jy het jou dag geniet. Sulke uitstappies is so goed vir die gees! Ek sit ook maar meestal so by myself, alleen by die huis, en manlief weet maar te goed om my naweke uit die huis te kry (hy is bietjie bang vir groot hoeveelhede bloed  :whistle:)
Ek is hier in Auckland, bietjie ver van jou af.... Dit sou lekker gewees het  ::)



Offline aniena

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 278
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #36 on: July 17, 2008, 07:50:56 am »
Jip dit sou lekker gewees het, maar toemaar wat mens is ook nie soo ver van mekaar af nie. Manlief gaan een van die dae auckland toe.  Sal seker nie dan kan saam kom nie, maar dalk in die nabye toekoms en dan sal ons koffie iewers drink. Hoe klink dit???

Ek het ook 'n ander dierbare vriendin in Auckland. Sy's nie op die forum nie. Hoog swanger en een van die dae op kraam verlof.  Se ma as jy geselskap nodig het dan gee ek vir jou haar mailadres.

Ons moet mekaar maar op hoogte hou van die kursusse en dinge, altyd goed om te hoor wat is suksesvol en wat nie.


SA Going to NZ Advice Forum

Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #36 on: July 17, 2008, 07:50:56 am »

Offline Cameleon

  • Certified Addict
  • ******
  • Posts: 1278
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #37 on: July 17, 2008, 08:07:18 am »
Hi aniena!

Dit sal lekker wees! Laat weet as jy naby is, dan drink ons daai koffie.  O0 Ek hoop ek kom reg om een van die kursusse by te woon teen 'n billike (daarby bedoel ek eintlik: spotgoedkoop  :whistle:) prys



Offline Smallfly

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 454
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #38 on: July 17, 2008, 11:55:40 am »
en dan voel my engels in my swak selfbeeld toestand asof ek regtig ons migration levy moet gaan opeis en gaan vir engelse klasse!!!

Moenie te sleg voel oor jou Ingils nie, net die ander dag nog het die swart nuusleser van die

oggendprogram op TV 2 sy dinges geskeur oor een van die verslaggewers vertel het van

 "the victim was "beaten" to death by a "skopjon"

ek is seker niemand het regtig geglo die "monster skerpioen"

het die arme slagoffer met die vuis geslaan nie !!
Never look down upon someone, unless you are helping him up.

Offline aniena

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 278
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #39 on: July 17, 2008, 10:54:12 pm »
Maar nou kyk - dit laat my nou beter voel!!!!! :clap: :2funny:


Ek het gister met die volunteer mense in die stad gepraat (oor die foon) en die chinese? meisie met wie ek gepraat het se engels was erg moeilik verstaanbaar. Ek dink hulle sukkel meer met die uitspraak as ons, maar sy's vol moed en doen haar werk.  Dit wys jou nou net.

Offline Doreen

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 406
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #40 on: July 17, 2008, 11:23:47 pm »
Ja, Aniena ek het agtergekom hulle kannie sommer fff of ssss se nie. Dit kom baie snaaks uit, maar soos jy se, hulle probeer en is oor die algemeen baie vriendelik. Eintlik voel ons partykeer aan dieselfde kant met die aanpassing in 'n ander land!!

Mags, jy moet nie ons koffie vergeet nie, ek sal jou pm. Spook nog ook net om altwee kinders ingeskryf te kry in die skool....My seun het al begin, maar ons kyk nog vir my dogter.

Offline aniena

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 278
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #41 on: July 18, 2008, 01:00:35 am »
Sterkte Dordeen met die inskrywery - was nogal vir ons moeilik gewees omdat mens nie die skole ken nie.

Jy probeer maar so op 'n manier die kaf van die koring skei. Ek dink laerskole is makliker as hoerskole.  Dit was vir my asof hier in Wellie baie meer goeie laerskole (so op die oog af) was as hoerskole.

Maar dis ook net een stappie in die regte rigting en dan is dit wat volgende .... So loop ons een tree op 'n slag die hele pad. 

Ek kyk net gister weer deur my joernaal wat ek hou van die hele groot trek avontuur. Mens loop darm 'n ver pad en dis iets om aan ons kleinkinders oor te vertel.  En om oor trots te wees - "we've made it" :clap: :clap: :clap:

Die enigste probleem is net my joernaal is in afrikaans en wat is die kans dat die kleinkinders afrikaans sal kan lees???

Wat doen julle om die groot trek vir die nageslag te bewaar?  te laat onthou?? plakboek?  foto's?? joernaal??   

SA Going to NZ Advice Forum

Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #41 on: July 18, 2008, 01:00:35 am »

Offline Doreen

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 406
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #42 on: July 18, 2008, 06:05:41 am »
Ek hou so soort van dagboek, en het natuurlik fotos. Maar ek beplan om alles dan nou netjies in 'n plakboek te sit met inskrywings. Ja, ons gaan net bekend staan aan die einde van die dag as die oupa en ouma wat eerste hiernatoe is....
Maar wie se...dalk herstel ek so vinnig dat ek kans sien vir Aus oor 2 jaar :whistle:
Oud maar nog nie koud, se hul, ne!! Maar op die stadium is ek net bek - voel duidelik beter vandag. Kry maar erg van tyd tot tyd panick attacks met al die besluite van skole, huise ens. En soos jy se Aniena, mens ken nie die skole so goed nie en dan weet jy ook nie watter een is vir jou kind idiaal nie...

Offline aniena

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 278
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #43 on: July 18, 2008, 09:57:50 am »
Jip ek verstaan presies wat jy se van die benoud rakery.  Maar kyk mens, mag die Here my regtig bewaar van WEER immigreer, ek's dankbaar en als maar sien op die oomblik nie weer kans vir so 'n groot avontuur nie, sal eder net wil settle.  En HIERDIE land geniet en leer ken.

Wat die onthou aanbetref, ek het ook foto's en hou 'n joernaal (soos ek gese het), en dan is daar natuurlik hubby se blog. Ek wil aan die einde van die dag - alles in 'n klien tassie sit en se hier's alles. Foto's, papiere, kaarte ens.

Ons het met die eerste ampelike see toe ganery in Wellington ons voete afgedruk in die sand, ons van en die dag se datum neergeskryf en ook 'wellington' en dit toe afgeneem as ons amptelike "aan land" kom in Wellie.  Die foto wil ek nog raam en iewers opsit.

Hopelik se die kinders eendag vir hulle kinders 'sien jy hier's my voetspore toe ek 14 /12 was en die van my ouers, DIE land het die Here ons gegee, om in te kom bly'

 

Claudi

  • Guest
Re: Nou is dit die tiener se ma
« Reply #44 on: July 18, 2008, 10:52:23 am »
Hi Aniena, ek volg nou al jou storie vir die afgelope weke, en moet se ek bewonder jou.  Ek is mal oor die voete foto idee!  Ek self is 'n sentiment vraat en plant altyd 'n boom, as herinnering - maak nie saak of ons trek na 'n ander huis nie, maar mens kan altyd daar verby ry, en sien hou jou herinnering boompie groei. Dan voel mens ook sommer of jou eie wortels diep groei   :smitten: