The following was published on another website yahoo goups sasinnz.
On 2 October the husband published the following letter in Beeld ( daily afrikaans paper in Gauteng ) in reponse to the bly/gly (stay/go) debate:
Hi daar
Ons is nou ses maande in NZ.Dis glad nie maklik in die begin nie want jy
moet eers jou voete vind, ons kan verseker n boek skryf oor ons ervaring
hier,maar wat baie suid afrikaners nie verstaan nie is dat jy heeltemal
onder begin,jy is in n nuwe land en kan nie verwag om dadelik in n
bestuurpos in te loop nie,ons het ons self opgewerk deur die jare in SA,
ons sal dit hier ook doen,sal dit nog vinniger hier regkry want hier
bestaan nie iets soos regstellende aksie nie. My15 jarige seun was amper 2
jaar terug doodgeskiet, sy neef was gesteek met n mes reg voor hulle
huis.Hier kan my kinders winkels toe loop en hulle is veilig.Ons slaap
elke aand met n oop deur, waar ek in SA elke aand my man moes vra of al
die deure gesluit is en of die alarm aangeskakel is,elke geluid in die nag
het my wakker gemaak, nadat daar 2 uur die oggend in SA by ons ingebreek
is terwyl ons in die huis was,5 uur dieselfde oggend was hulle weer
terug.Ons verdra eerder die stres in die begin hier as wat ek in SA bly en
een van ons word vermoor.
Van die wat wil teruggaan,dink 2 keer ons weet van mense wat terug is,was
skaars 2 maande terug in SA waar die vrou deur 7 verkrag is.
As jou mindset nie reg is nie sal jy dit nie hier maak nie.
A month later he posted on the group site that they are leaving. When prompted by some members of the group for their reasons as this may assist prospective emmigrants his wife responded as follows:
Hi
Ek was bang om weer iets op die web te adverteer,as jy belang stel die
boeke is nog beskikbaar,ek wil nie mense negatief maak nie,wou nie eens
die e- mail nou stuur nie,maar lyk my ek het nie n keuse nie.Ons sou nooit
iets slegs gese het op die web nie,juis oor die rede vir die wat wil
oorkom,wou hulle nie negatief maak nie,maar dit is elkeen se reg om te
weet,dis nie jou gewone trek vanaf Kaap na Johannesburg nie,die move kan
of die beste ooit wees of jou hele lewe verander(nie ten goede nie).
Jy's reg, dis elkeen se eie besluit en ons het gese ons sal nooit die land
sleg maak nie,ja die veiligheid is hier en ek slaap soos n klip,waar ek in
SA vir elke geluid wakker geword het na hulle by ons ingebreek het terwyl
ons in die huis was.My kind is 3 jaar terug in SA met n wapen aangehou.Vir
baie werk dit,vir baie werk dit nie,dit hang alles van jouself af om te
kom kyk of dit vir jou gaan werk of nie,maar asseblief sorg dat julle nie
julle rande hier kom uitmors aan die begin nie,wat dis wat die meeste doen
as hulle hier land,hou eers julle geld net so in die bank indien jy moet
teruggaan ,want ja ek voel regtig jammer vir die baie wat wil teruggaan
maar nie die geld daarvoor het nie.Dankie tog ons het ons huiswerk gedoen
vir n hele 2 jaar lank want ons val nie onder die wat net op die vliegtuig
geklim het nie,so ons is nie van daardie mense wat net halsoorkop in die
ding gespring het nie.Jy kan soveel huiswerk doen as wat jy wil as jy nie
self hier was nie en met sommige omstandighede hier moet saamleef nie,glo
my ons was genoeg op internet. Ons het ook klaar ons PR gekry.Jy se dat
ons nie op internet geweet het van die weer nie,ons het,en ons het ook
gese nes baie ander eerder die bad weer as die crime in SA.Veiligheid is
beslis belangriker as geld ek stem met jou saam,maar eet is belangriker as
veiligheid,ons ken mense hier wat gesmag het na n ordentlike bord gekookte
kos,my mening is,as jy gesukkel het in SA kan jy dit maak,maar as jy
gewoond was aan iets, gaan jy sukkel,ja en nou weet ek julle gaan se dis
die snobs wat so se,moenie eens waag om my n snob te noem nie,want julle
het n nuwe woord hier aangeleer waarmee julle die wat teruggaan en wil
teruggaan mee aanval,soos die berig in die beeld n paar maande gelede.Ek
bly nie eens in Brown bay nie.
En weet jy wat my pa was ook hier en het die vinnigste van ons almal werk
gekry,maar is soos n ------ behandel,hy het alles ingesit om dit te
probeer maak,het soos n nat hoender elke aand by die huis gekom,met
stukkende hande wat baie salf nodig gehad het,deur dit alles het hy nog
gaan werk,ONS MOET DIT MOS MAAK WERK,hy het sy werk gelos nie omdat hy nie
meer kon aangaan nie maar omdat hulle teen hom gediskrimineer het,maar
jy't seker nog nie daardie ondervinding gehad nie,baie is seker gelukkig
in hulle werk maar daar is baie wat nie gelukkig is nie,het julle al
gehoor die kiwi's is sulke laid-back mense,dis nie waar nie,sekeres seker
maar die mense werk hulle gatte af.Baie s-afrikaners bly stil oor dinge
wat hier gebeur want hulle is bang om aan hulle familie te admit hulle het
n fout gemaak,ek het dit self aan die begin gedoen,jy's seker nie een van
hulle nie,sal nie weet nie,ek is jammer ek wil jou ook nie aanvat nie,maar
ek het die laaste tyd met vreeslik baie s-afrikaners te doen gekry,van
hulle al jare hier,diskriminasie is dalk jou voorland of dalk nie,ek wil
maar net die mense se dat dit wel hier bestaan.My swaer het ook hier
gewerk en daar is vir hom gese hy is n african dick(jammer vir die
woord),hy het ook nie lank gehou nie,want my magtig jy het genoeg ander
dinge waarby jy moet aanpas,jy wil nie nog met sulke twak by jou werk
sukkel nie.Ek het vir n maand gewerk en was baie gelukkig daar en het geen
probleme gehad nie.(darem iets positief)
My seun is 15,baie goed aangepas in die skool,ons was so bly daaroor want
ja ons was ook soos baie ander bang die kinders gaan nie aanpas nie.Die
aanpas wat hy moes deur maak was n hele ander storie,want hoe moes hy
aanpas as hy amper gesteek was met n skroewedraaier in die skool,hoe moes
hy aanpas as hy nie eens kon gaan fliek sonder dat die skoolgangsters hom
treiter nie,een aand is ons af strand toe,dan moet ek se nie een van die
strande waar jy al gehoor het' moenie daar kom nie want dit is nie so
veilig daar laataand nie'daar aangekom om die rustigheid te geniet,maar
ons was seker 10 min daar toe moes ons maar ry,omdat die selfde gang ons
motor met bottels bestook het,weereens hoe moet hy aanpas as hulle elke
liewe dag met my kind wou baklei,hy was n senuwee wrak en ek moes hom na n
dokter toe vat,ja ek weet in SA kan erger dinge gebeur maar die feit is
die is nie SA nie,dit bly nog steeds veiliger hier,maar jammer ek kan nie
dat my kind n kluisenaars lewe hier voer nie,ons het dan juis hierheen
gekom vir ons kinders se vryheid en veiligheid,wat hy beslis nie hier
gehad het nie.Ek het die skool tale male gaan sien,maar daar is op n
staduim vir my gese,ons moet hom maar reg voor die skool optel en sorg dat
hy in die huis bly die vakansie.
Dit gaan nie net oor jou permit wat moet hernu word nie,die mense sukkel
om n job offer te kry,jy moet n job offer he voor jy n werspermit kry.Wie
van die mense wat so op die site is het al vir ons mede s-afrikaners laat
weet van die resessie,want dit is nie meer so maklik om werk te kry
nie,die land kyk eerder na hulle eie mense as wat hulle na s-afrikaners
sal kyk(wat te verstane is).Ons het ook ondervinding opgetel net soos jy
het,maar die verskil is ek noem die positiewe en die negatiewe hier,jy net
die positiewe,ek laat my nie vertel jy het nog nie met een s-afrikaner te
doen gekry wat volkome gelukkig is nie,baie van hulle praat hulle self
moed in.Baie op die site het ook al gese dit vat jou so 2 jaar om aan te
pas,nee jy pas nie aan nie,jy raak gewoond aan jou lewe hier.My man moes
sy hele menswees hier verander,hy' s n baie spontane mens,vol grappe,as jy
hier n grap maak kyk hulle jou aan met n oop bek(wat gaan met jou aan)ons
het ongelukkig nie op internet gelees dat jy jou hele menswees moet
verander nie.Hier is mense wat al 3 jaar hier bly en enige tyd sal
teruggaan,maar nie kan nie,ek voel vreeslik jammer vir hulle.Die wat
regtig gelukkig hier is,ek wens regtig al daardie positiewe dinge wat met
jou gebeur het,het met ons ook gebeur ,dan sou ons ook gebly het, ek weet
hier is mense wat gelukkig is ook,maar die wat voorgee,drop die act
asb.Ons gaan bang wees in SA maar gelukkig wees in ons harte,wat help dit
om veilig te voel maar elke dag n ongelukkige hart.
Vir die wat oppad is alle sterkte ons hoop uit die diepte van ons hart
julle gaan gelukkig wees hier.
Ek wou nie my mening lig op die site vir almal om te lees nie,maar jy het
gevra,hoop nie jou familie worry oor julle nie,maar after all hoef hulle
mos nie oor julle te worry nie,die belangrikste is dat julle mos veilig
is.Die wat ons dalk gaan sleg se as ons terug is in SA,so what, ons het
die guts gehad ,ons is nie spyt oor die ervaring nie al was dit hoe
moeilik,maar ek weet van baie wat uit hulle velle gaan spring,en ons gaan
beslis ons mede s-afrikaners en vriende en familie meer waardeer,ons vat
darem iets goeds van hier af saam terug,waardering, so ons kan nie se ons
het niks uit ons ervaring hier geleer nie.
Groete
Annemarie
Makes one wonder how such a drastic turnaround could happen within a month. Maybe a case where the husband and wife are not singing from the same songsheet. What it does illustrate is that emmigration is a serious step and both partners should be absolutely sure that they want to do it. Can you imagine the cost and trauma involved in this failed experiment.