Advice and Support for South Africans Immigrating to New Zealand

South Africans Going To New Zealand

Author Topic: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter  (Read 6437 times)

Offline Kwikkie

  • Full Member
  • ***
  • Posts: 113
Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #15 on: June 11, 2010, 11:02:18 am »
Dagsê alle vriende! Ben (bezsteyn), Nolan (administrator), Edwin, SAKiwiboer, Maanhaarleeu, Ursula(frodo.maya & Jackie!
Alla wêreld, vriende wat sê ek nou? Baie dankie vir elkeen se berig aangaande hierdie sakie.
(En dat ek in my 'taal' kan skryf!)
Nolan, aangename kennis administrator - ja, jy sal beste weet waar om hierdie 'Ondersteuning aan diè wat agterbly'
te plaas - miskien NIE 'n 'toe' afdeling nie - indien daar tussen ons as ouers privaat gesels wil word, kan ons dan liefs mekaar epos of bel? OF hoe dink jy? Ouers moet net duidelik verstaan, dat indien dit 'n 'oop' afdeling is, negatiewe aanmerkings rakende ons kinders, verbode is. Ek voel ook dat die skeiding vir beide 'partye' (ouers en kinders) ewe traumaties is en hierdie afdeling vir elkeen met raad en ondersteuning kan bystaan.
Dit wil vir my voorkom of daar heelparty agtergeblewe ouers is wat rekenaargeletterd is. Julle kan gerus jul ouers hier in RSA voorstel aan hierdie forum sodat ons almal kan 'saampraat'! Nolan, ons wag dus vir jou om vir ons 'n afdeling te begin!
Baie dankie aan jul elkeen wat my ook bekendgestel het aan jul gesinne. (Aangename kennis!)Ons voel al klaar 'nader' aanmekaar, is dit nie?
URSULA, ek pm jou en ja, ons dogter is ook 'n enkelkind! en het twee kleinseuns wat vol in ons harte lê, en 'n baie oulike man. Dit is swaar, man - dit is swaar - en dink die groot tjank lê om die draai. Sjoe, ek dink ons gaan 'n dip vat!
Ek is 'n bietjie bang vir die koebaai sê !?! Ek kry ook my skoonseun se ouers jammer. Hulle het 2 seuns, een is alreeds in Amerika en nou gaan ons skoonseun ook weg! Die besluit om na NZ te verhuis was vir almal (ouers en vir hulle) baie skielik en onverwags. Dit is mos soos hulle sê:- dit gebeur met ander mense, nie met jou nie - nou het dit gebeur!
Daar is al klaar baie vrae wat ek wil vra maar ek gaan nou wag dat Nolan vir ons 'n afdeling skep.
Nogmaals dankie aan elkeen dat julle die moeite gedoen het om te skryf. Ons het mekaar nodig! Goed gaan, Kwikkie
NS - het nounet WalJo se post gelees - Ai, ou Waljo'tjie - dit is hoe dit is - ons wil julle veilig sien maar ons wil julle ook naby ons hê!? Ek voel al meer en meer dat ons miskien liewer oor die foon moet koebaai sê!?! en Waljo, ek voel saam met jou ma, eenmaal koebaai sê is genoeg! Ek moet groet - wil lemoenkoek gaan bak vir die naweek! Kwikkie
Ons bly - hulle ry

Offline Nolan

  • Administrator
  • Supreme Being
  • *****
  • Posts: 8202
  • Stanmore Bay, Auckland
    • Art by Nolan
Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #16 on: June 11, 2010, 12:50:41 pm »
Daarsy Kwikkie, jule eie hoekie op die forum O0

SA Going to NZ Advice Forum

Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #16 on: June 11, 2010, 12:50:41 pm »

Offline Kwikkie

  • Full Member
  • ***
  • Posts: 113
Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #17 on: June 11, 2010, 02:20:10 pm »
Daarsy Kwikkie, jule eie hoekie op die forum O0
Daarsy Nolan, ek's nou in my eie hoekie! Dit was vinnig - dankie ou grote! ek skud jou hand. :)
Nou moet ons al die lede se ouers kry om aan te sluit. Wonder of hulle ook so vinnig soos jy
sal wees? Tot later dan. Kwikkie
Ons bly - hulle ry

Offline SaKiwiBoer

  • Guru
  • ***
  • Posts: 4263
  • We're in Tauranga.
    • Oosthuizen family in NZ
Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #18 on: June 11, 2010, 07:11:36 pm »
Ja SAKB, 'n ding wat my ook nogals pla is ons is nou hier in NZ saam met die kinders sodat ons nie in SA agterbly en hulle land verlaat as ons oud is nie, maar hulle kan nog altyd Aus toe gaan as hulle klaar is met skool  :'(

Gelukkig is Aus darem nie te ver nie en behoort hulle veiliger daar te wees as in SA.

My dogtertjie is amper 5 en ek se elke dag ek gaan 5 klippe kry om op haar kop te sit sodat sy nie groter word nie dan se sy net "neeee pappaaaa ..."

maanhaarleeu - Ja dis waar die kinders kan Auzzie toe gaan maar as ons almal ons kaarte reg speel en Citizenship vat kan ons almal saam gaan.   :yippee: JACKPOT  :yippee: Keching!!!
As jy verstaan wat ek bedoel??
En ja, die kinders groei vinnig. Ons sien hoe vinnig moet ons nuwe klere koop. Eileen en Cameloen se Ma is nou vir drie weke by ons in Roto en gister toe ek en die seuns haar by die Bus stop gaan kry kon sy nie haar oe' glo nie. Of Ouma nou bietjie toeneel gespeel het of nie sal ek nie weet nie maar ek is seker dit was darem so klein bietjie van 'n skok om te sien hoe groot hulle geword het in die 18 maande wat sy hulle nie gesien het nie. Dit was 'n gedrukkery tot amper by slaap tyd. Sal sien hoe vandag verder verloop vir Ouma en klein kinners.

Hulle het nog nie kom kuier na twee en 'n half jaar nie want my ma sien nie kans om weer baai te se wanneer sy moet terug gaan huis toe nie. Ek voel vir haar baie jammer en weet dis swaar vir hulle albei.

Sterkte met jou groot afskeid. Jy weet waar om jou krag te vind.

Waljo - Ja dis moeilik om baai te se' maar julle moet ook onthou voor daai baai is eers 'n lekker hallo. Ons noem juis die pad Auckland toe die "happy highway", want ons gaan most probably iemand haal, en die pad terug Roto toe is die "sad highway" want ons het most probably iemand gaan afsien by die lughawe en daarna is dit maar a sad story. Maar die tyd tussen die 2 is gewoonlik baie lekker. Gelukkig het my MIL eers Wellies toe gevlieg die keer en sy vlieg weer uit Wellies uit weg SA toe, so ons ry nie die keer die "happy" en "sad" highway nie. Cameleon hulle gaan hulle eie "happy en sad" highway ry.
Cheers, SAKB.
21/03/2007-EOI submitted
18/07/2007-Selected from the Pool
07/03/2008-Receive ITA
15/05/2008-ITA Submitted-(hou duim vas)
11/12/2008-PR GRANTED-(thanx a lot!!!)

"Those who desire to give up freedom in order to gain security, will not have, nor do they deserve, either one." (Benjamin Franklin)

Offline Nolan

  • Administrator
  • Supreme Being
  • *****
  • Posts: 8202
  • Stanmore Bay, Auckland
    • Art by Nolan
Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #19 on: June 11, 2010, 11:34:56 pm »
Quote
Ja dis moeilik om baai te se' maar julle moet ook onthou voor daai baai is eers 'n lekker hallo.

sjoe, baie wyse woorde daai  :smart: :clap:

Offline Kwikkie

  • Full Member
  • ***
  • Posts: 113
Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #20 on: June 12, 2010, 05:11:35 am »
kan ons almal saam gaan.....sê SAKiwiBoer
Dit sou lekker wees as almal kan saam gaan - maar dit is nie altyd vir die ouers finansieël moontlik nie.
Ons was al gevra om saam te gaan....eers na OosLonden, toe Centurion en nou verhuis nulle na
ChristChurch - ONMOONTLIK ! as ons hard spaar aan die geldjies sal ons miskien eendag kan gaan
kuier. Ek het al gewonder....is 'n vliegkaartjie redelik 'goedkoop' vanaf NZ na RSA? want as dit nie is nie,
gaan ons die kinders mos nie gou weer sien nie?

Of Ouma nou bietjie toeneel gespeel het of nie sal ek nie weet nie ....Nee, ek glo nie ouma het toneel gespeel nie.
Ek sien ons bure se dogtertjies so eenmaal elke twee weke - ek val byna flou wanneer ek hulle sien -
hulle groei soos rankplantjies! Ek wonder hoe lyk my twee kleinseuns nou -
ons het hulle 9maande laas gesien en die plan is dat hulle vir ons sal kom groet voordat hulle vertrek.
Ewe skielik voel dit vir my of hier nou 'n gat in my hart is. Is die eerste 'koebaai sê' die ergste -
of is elke 'koebaai sê' ewe erg? Op 'n manier moet ek seker hiervoor voorberei!?! Hoe? Op kyk en byt op die tande!?!
SAKiwiboer...sê vir ouma sy moet julle geniet en groete daar vir haar.
Ons bly - hulle ry

Offline SaKiwiBoer

  • Guru
  • ***
  • Posts: 4263
  • We're in Tauranga.
    • Oosthuizen family in NZ
Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #21 on: June 12, 2010, 11:06:25 pm »
kan ons almal saam gaan.....sê SAKiwiBoer
Dit sou lekker wees as almal kan saam gaan - maar dit is nie altyd vir die ouers finansieël moontlik nie.

Hi Kwikkie, sorry ek dink jy het my verkeerd verstaan. Die "almal" wat ek daarvan praat is nie die Oupa's en Ouma's nie. Dis wanneer "ons" oupa's en ouma's is en ons kinders dalk wil Auzzie toe gaan dan sal ons dalk kan saam gaan want 'n NZ citizen mag Auzzie toegaan sonder enige probleme. Die "fondse" mag dalk 'n probleem wees maar die "opportunity" sal dan daar wees.
Thanx Kwikkie en groetnis daai kant. SAKB.
21/03/2007-EOI submitted
18/07/2007-Selected from the Pool
07/03/2008-Receive ITA
15/05/2008-ITA Submitted-(hou duim vas)
11/12/2008-PR GRANTED-(thanx a lot!!!)

"Those who desire to give up freedom in order to gain security, will not have, nor do they deserve, either one." (Benjamin Franklin)

SA Going to NZ Advice Forum

Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #21 on: June 12, 2010, 11:06:25 pm »

Offline WalJo

  • Full Member
  • ***
  • Posts: 174
Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #22 on: June 13, 2010, 06:20:26 am »
Kwikkie, aangesien dit lyk of jy tans nog die enigste "ouma" is op die forum wil ek jou iets vra. Weet nie of jy sal kan antwoord nie maar hier gaan ons.

Is daar iet wat jou kinders kan doen om dit vir jou makliker te maak? Het jy verwyte, eerlik, en hoe sien jy die skuif? Verstaan jy jou kinders se redes en of voel jy tog 'n mate van verwerping "hoe kan hulle ons net so los"?

Hoop nie dis te persoonlik nie maar ek het so baie van my eie vrae en jy kan dalk net help.

Dankie

Offline Kwikkie

  • Full Member
  • ***
  • Posts: 113
Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #23 on: June 13, 2010, 01:00:34 pm »
Quote
Is daar iet wat jou kinders kan doen om dit vir jou makliker te maak
Waljo - Ja, daar is iets wat ons kinders kan doen om dit vir ons makliker te maak - en ek gaan hulle dit vra en hulle moet belowe om dit te doen - en dit is dat as hulle in NZ is om baie gereeld met ons kontak te maak via epos en Skype. Soos die spreekwoord wat sê: Uit die oog, uit die hart - DIT moet nie gebeur nie. Soos ons kontak tans is met die kinders, is taamlik ongereeld WANT (en ons weet maar te goed) die kinders het 'n vinnige lewe - donker uit die huis en kom donker tuis - daarom ook van ons kant af, hou ons die kontak min want ons wil nie die 'lastige' ouers wees nie! Maar, soos ek gesê het, gereelde kontak - ek sou sê ten minste een maal per week - ons wil nie 'wonder' hoe dit met hulle gaan nie. Dankie tog ons is nou in hierdie wonderlike tyd van rekenaar! Brief skryf sou nie vir ons gewerk het nie! En jy weet Waljo, as julle as kinders dit kan regkry - vertel ons net die goeie nuus!?! Met julle sover en ons moet nog hoor hoe 'sleg' dit gaan - ek weet nie - 'n ouerhart krimp dan sommer ineen. Baie mag met my verskil hieroor en sou sê dat hulle darem ouers se ondersteuning wil hê ook in hul slegte tye - maar wat my betref - ek het GENOEG pyn gehad - van nou af wil ek net die goeie nuus hoor! Hoeveel jare het ons nog in elk geval oor om te geniet? En dan moet ons as ouers, reken ek, ook so maak - die kinders in NZ wil seker ook nie net klagtes aanhoor nie! Drink 'n pynpil vir die skete of gaan dokter toe.
Vraag no. 2 - Ek het gisteroggend 'n lang geselsie met ons dogter gehad. Ek kon onmiddellik aanvoel dat sy nou baie ondersteuning van ons kant nodig het. En dit is wat sy gaan kry! Hulle gaan deur 'n moeilike tyd. Al die reëlings!!!
NEE, ons het GEEN verwyte nie - in teendeel ek het vir haar gesê dat sy hulleself moet sien as pioneers wat vir hul kinders en kinders se kinders 'n VEILIGE en VREEDSAME omgewing skep en dat sy trots moet voel daaroor. Ons het geskrik toe ons aanvanklik die nuus kry dat hulle gaan verhuis, effens verwerp gevoel, maar ek kan eerlik sê dat ek weer my vertroue in hulle terugkry. Een ding is net baie seker - en dit geld vir alle ouers (nie net vir ouers wie se kinders oorsee woon nie!) en dit is dat ouers SELF en VROEGTYDIG vir hul eie laaste dae moet BEPLAN en nie dink dit is hul kinders se plig nie. Was as jou kinders in elke geval voor jou ontval? Ons is alreeds meer as 10jaar op 'n lys by 'n aftreekompleks - en ons is stadig maar seker om van heelwat onnodige ware in die huis en garage ontslae te raak.
Ek moes my ma en skoonouers se goedere opruim! Dit was TRAUMATIES want wat hou jy en wat van hulle moet jy 'weggooi'. Met die hartseer van hul afsterwe het niemand nog krag vir opruim ook nie. Alle dokumente moet ook in orde wees. Met ander woorde - kry jou huis in orde! Waljo, dit is my storie - nou ken jy my so bietjie meer - vra gerus nog - jy is welkom - groete - Kwikkie (Ns - dit is net die koebaai sê wat swaar gaan wees!)
Ons bly - hulle ry

Offline frodo/maya

  • Certified Addict
  • ******
  • Posts: 1882
  • North Shore
Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #24 on: June 13, 2010, 02:35:33 pm »
Sjoe kwikkie ek het lekker  :'( :'( :'( :'( nadat ek jou posts gelees het (ek en die ander sin ook natuurlik) Ek dink dit is die fase van ons "move" huidiglik- die emosionele deel. Ek glo nie ek het al in my hele bestaan so baie gehuil soos die afgelope 48 uur nie. Dit het Vrydag by die werk begin toe ek vir almal vertel het ek bedank en my laaste dag sal die 13 de Aug wees. Dan my ma................o genade my mamma. Sy vat dit ONGELOOFLIK swaar, sy was saterdag onsaglik hartseer en het net onophoudelik gehuil, met my natuurlik kort op haar hakke.  :'( :'( :'( sy ervaar verwerping, ek dink sy voel ons wil wegkom van hulle af en sy verstaan glad nie die redes nie. Ek weet glad nie wat om vir haar te se om haar beter te laat voel nie.

My skoonma se ondersteuning het ook tans oorgeslaan in trane, wat my en my man se harte baie seer maak. My skoonouers weet ook glad nie hoe om dit te hanteer nie. Haar manier van dinge hanteer is tans om my te vertel hoe ons (ek en my man) gaan sukkel dat sy nie dink ek en my man nie emosioneel sterk genoeg is nie. Ek dink egter nie so nie maar ek respekteer haar aanmerkings omdat dit haar manier is van die hele ding te hanteer.

Soos WalJo ook gevra het, mens weet net eenvoudig nie wat om te doen om dit vir mens se ouers beter te maak nie. Op die stadium gaan dit nie help om vir hulle te se dat mens baie kontak sal maak nie want hulle sou graag wil he ons moet bly. Ons ouers maak dit op die stadium vir ons baie baie moeilik.  :'( :'(


Ursula

Offline Kwikkie

  • Full Member
  • ***
  • Posts: 113
Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #25 on: June 13, 2010, 03:36:13 pm »
Quote
Ons ouers maak dit op die stadium vir ons baie baie moeilik
Nou sien jy nou, Ursula, hoe help jy ons nou!!! (myself, my man en dogter en gesin)
Dit maak dit vir my en my man net nog meer desperaat, noudat ons van jou verdriet en 'probleme'
gelees het, om ons eie verdriet eenkant te stoot en te kyk na ons kind in hierdie baie moeilike
en hartseertyd wat sy en haar gesin nou deurmaak. Hulle met raad en daad bytestaan, te bemoedig
en vir die Here bid vir krag vir daardie koebaai sê.(Ek gaan maar daardie kalmeerpilletjie sluk!)
Ursula, ek sê altyd, ek en my man het klaar gelewe,
ons gee die kinders nou hulle kans op 'n veilige en vreedsame lewe. Ek sien dit as 'n 'journey'.
Dit klink ook seker BAIE snaaks as ek sê: ek voel - 'n kind is 'n indiwidu wat ek die lewe in gehelp het -
ek het geen reg om my kind te besit of om vir haar voorteskryf nie. Sy is 'n volwassene en wil haar
eie lewe leef. Sy moet nie eendag hoop en bid dat ek moet doodgaan sodat sy kan lewe nie ! ! !
Nee, die lewe is te kort - sy lewe reeds haar eie lewe. Ek het gelewe soos my ma wou hê ek moes lewe -
(al die vorige generasies het dit so gedoen) NEE, dit is verkeerd - elkeen bly steeds 'n enkeling.
Ek sal eerder my kind veilig wil sien in NZ as wat ek die nuus moet kry dat sy hier in haar huis (of elders)
aangeval, gemartel,verkrag (met aids)en/of vermoor is  ! ? !
Ursula, jou emosies gaan nou baie rond-om-talie ry! Ai man, ek wens ek kon vir jou 'n koppietjie tee maak!
Vas byt, meisiekind, dit voel nou baie erg maar eendag sal jy hierdie ondervinding kan gebruik wanneer
jy dit nodig gaan kry om jou kinders in hul hartseertye by te staan. Dit is die lesse van die lewe wat ons
wysheid gee. Hierdie gesin het baie lesse gekry in die verlede - vandaar seker hoekom ons hierdie 'skeiding'
so vinnig kan verwerk. As daar een ding is wat ek wil sien wanneer ek my koppie neerlê, dan is dit dat my kind
(en haar gesin) gelukkig is. Dis al! ek sal in vrede heengaan.  Ursula, ek pm jou!  :)NS Hou ons op hoogte van
jul vertrek - en onthou, ons voel vir jou!
Ons bly - hulle ry

Offline frodo/maya

  • Certified Addict
  • ******
  • Posts: 1882
  • North Shore
Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #26 on: June 13, 2010, 04:08:14 pm »
Dankie tannie kwikkie  :'( :'( :'( :'( sjoe my man se ook dankie- Gendade tannie kwikkie die Here het tannie vir ons almal gestuur op die forum!


Liefdetjies

Ursula  :1hug:

SA Going to NZ Advice Forum

Re: Forum?- kinders verhuis na NZ ouers bly agter
« Reply #26 on: June 13, 2010, 04:08:14 pm »