Wel Penkoppie....

, wat kan ek se wat nou nog nie gese is nie...

??

by die' forum. Ons is bly julle is hier (ek dink Schalk en Nellie dalk meer as die res van ons{nie dat ons nie bly is nie}[ons is altyd bly as nog 'n SA'nse familie dit veilig uit SA uit maak]) en dat julle hopelik gelukkig sal wees op die forum en nog gelukkiger in NZ.
Soos daar vroeer gese is ... emmigrasie of immigrasie (watter manier jy ook daarna wil kyk) is nie gebou vir "sissies" nie(en dit is nie 'n woordspel op die feit dat jy Schalla se sissie is nie

).
Dis moeilik. Die "maklike" deel van emmigrasie is lyk my gemaak. Dis die besluit om te waai. En as dit vir julle moeilik was dan kry jy dalk 'n idee van hoe moeilik dit dalk nog kan word.
Maar daar is 'n klomp wat hier is om julle met raad en daad by te staan. So, skree net en ons help so ver as wat dit menslik moontlik is...

As jy verstaan wat ek bedoel...

Sterkte en welkom by die' familie, SAKB