
Hallo almal
Ek bly nou al amper so 2 jaar hier in NZ. Laas jaar gestudeer en soek werk vir die afgelope jaar.
My hart klop stadig en met moeite as ek lees van die planne om oor te kom NZ toe. Dis 'n moeilike tyd wat voorle vir julle maar 100% die moeite werd. Met die geweldige Suid Afrikaanse gemeenskap hier in Auckland veral is dit baie makliker as ek my net moet verbeel hoe die eerste immigrante moes gevoel toe hulle hier aangekom het.
Vra gerus vrae as jy iets wil weet van hierdie kant van die groot water, sal my bes probeer om die nodige inligting te kry as ek nie weet nie.
Beste groete