Advice and Support for South Africans Immigrating to New Zealand

South Africans Going To New Zealand

Author Topic: honde een om presies te wees  (Read 2779 times)

Offline aniena

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 278
honde een om presies te wees
« on: August 09, 2008, 12:13:40 am »
Hi julle ek weet daar's al breedvoerig oor die onderwerp gepraat, maar ek kry nie preisese antwoorde vir ons geval nie. Ek mis ons duitse herdershond ongelooflik baie en wil nou regtig kyk of daar nie, 'n manier is om haar oor te bring nie.

Sy's nou al 4 mde in RSA na haar inspuitings wat sy moes kry, so wat is die onkostes nou verder?

Sy bly by my pa hulle so gelukkig hoef ons niks vir verblyf te betaal nie.

Is ek reg sy moet nog 2 mde bly? En dan vliegtuigkaartjie- hoeveel vir haar grote? en dan nog kwarentyn hier?

Ag, ek hoop ons kan dit bekostig!!!

Groete

Worry oor haar!!!

tandl

  • Guest
Re: honde een om presies te wees
« Reply #1 on: August 09, 2008, 07:33:27 am »
Hi aniena.  It is a terrible thing to miss your pets. Unfortunately it just costs so much to send them over.  If I remember correctly from when we got a quote about 2 years ago, it worked out to about R50 000 per dog (we had Rotties) for the flights and quarantine.  4 months quarantine on the NZ side. I dont know if the amount would be less for a German Shepherd or not, but good luck!

 :gl:

SA Going to NZ Advice Forum

Re: honde een om presies te wees
« Reply #1 on: August 09, 2008, 07:33:27 am »

Offline Alta van zyl

  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 841
Re: honde een om presies te wees
« Reply #2 on: August 09, 2008, 02:20:03 pm »
Aniena, pm vir Doreen haar hond het so 2 weke terug hier aangekom en sy is deur die hele proses.  Sal vir jou al die antwoorde kan gee.

Offline Doreen

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 406
Re: honde een om presies te wees
« Reply #3 on: August 10, 2008, 04:42:25 am »
Aniena, dit is 6 maande in SA voor hulle kan oorkom. Hulle tel die 6 maande van die dag wat haar bloed getrek word vir rabies en die chip ingesit is. Daar is ook allerhande forms wat voltooi moet word ens. Keringa in Kempton Park het ons gehelp met al die goed wat gedoen moet word. Die laaste maand van die 6 maande is daar weer allerhande toetse en nog 'n form wat voltooi moet word deur die staatsveearts. Ons het die laaste maand maar vir Kila in Keringa gesit wat al die nodige toetse ens. gedoen het. Hulle bou ook die krat en reel die vlug en dat die kwarantyn in NZ jou hond kom kry by die lughawe. Honde van SA land gewoonlik middernag!! Dis net makliker om van so 'n plek gebruik te maak. Kila het wel die helfte maerder hier aangekom. Ek sal seker nooit weet hoekom nie, of sy eenvoudig verlang het, en of hulle haar op diet gesit het - sy was bietjie oorgewig!! My ma-hul kon haar nie daar gaan besoek het nie a.g.v vervoer ens. Maar ek kon ook nie van hul verwag om die laaste reelings te getref het sodat sy by hulle kon bly die laaste maand nie!!

By Karinga vir alles ingesluit het dit my R29 000 gekos. Dis nou gelde uitgesluit wat ek self moes doen voor die tyd bv. deposito vir kwarantyn in NZ, die verslag van Onderstepoort ens. Vir die 4 maande hier in NZ - alles ingesluit werk dit net so onder $6 000 uit. Dit is dus 'n hele klompie geld, maar 'n besluit wat mens maar moet neem!! Die geld hier moet net betaal wees voor sy na die 4 maande mag uitkom.

Die mense by die kwarantyn is baie hulpvaardig en gaan uit hulle pad om aan al die hond se behoeftes te voldoen. Ek probeer elke 2de dag na Kila toe gaan, maar sy kry maar baie swaar in die kwarantyn. Doen jouself 'n guns en gaan kyk hoe lyk die kwarantyn en hoe hulle na die honde kyk, as deel van om jou besluit te neem!! Ek het al gehoor dat Wellington se kwarantyn baie oulik is!! Maar in elk geval - die mense by die kwarantyn waar Kila is het my gevra of ek hulle sal help met 'n petisie want hulle voel 4 maande is te lank vir die honde en hulle dink 2 maande is voldoende. Nou wat my die hartseerste maak - hulle voel dis 'n geldmaakstorie!! Jy weet, om die diere nou so te laat ly in klein kamertjies vir geld!!! :thumbdown:

Dit sal nou nie vir ons help nie want sulke goed vat tyd om te gebeur, maar as ek ander mense met hulle diere daardeur kan help - doen ek dit. Ek beplan ook om te kyk of ek nie iets vir die honde kan doen wat so sit in die kwarantyn nie, soos bv. vir mense wat net een keer 'n week by hul diere kan uitkom dalk skoolkinders kan reel om te kom kuier, lekker groot bene te kook om vir die honde te gee om hulle besig te hou ens. Die hond wat langs Kila bly ken nou-al my stem en word histeries as sy hoor hoe speel ons of as ek vir Kila iets lekker gee om te eet... :'(
My hart gaan uit na die diere - en ek voel hulle word 'n onreg aangedoen. Maar soos my man se, oor 'n paar maande het Kila daarvan vergeet en pluk ons die vrugte van die swaarkry en hartseer nou. Ek wil net he as jy die besluit neem moet jy sielkundig voorberei wees anders kry jy so swaar soos ons nou!! O0 Die vlug self het nie regtig 'n impak op haar gehad nie, sy hou net haar kop so skeef as sy 'n vliegtuig hoor... :o Ek dink ook dit beteken baie vir 'n hond as jy met die kwarantyn reel om so vroeg die volgende more daar te wees as moontlik na die vlug en vir jou hond daar te wees as die veearts haar besoek en haar dan na haar permanente kamer toe skuif. Ek het ook gesorg dat ek toe kussings en komberse vir haar het wat ons reuk aan het. Sy het dit so geniet!! Dadelik daarrop gaan rol om die reuk op haar te kry!!
Wat jy ookal besluit...Sterkte!! En onhou, die gelde deel jy maar in soos dit jou pas. Ek het besluit ek gee vir hulle alles die laaste dag voor ek haar vat want dan kry ek darem nog so bietjie rente... ;) maar andersins moet jy dit maar per week of maand indeel en af betaal.
PM my gerus as jy vrae om bemoediging nodig het!! :smart:

Offline soniag

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 473
Re: honde een om presies te wees
« Reply #4 on: August 10, 2008, 06:28:26 am »
Dis net jammer dis so deksels duur om die diere oor te kry.!!! 

Gelukkig kan ons Labrador by my pa hulle gaan bly.  Sy ken hulle en een van haar kinders is hulle troeteldier en hulle speel gewoonlik baie lekker as hy hier by ons moet kom bly wanneer my pa-hulle erens heen gaan.

You cannot control what life brings your way. But what you do with it is up to you.

Offline Doreen

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 406
Re: honde een om presies te wees
« Reply #5 on: August 10, 2008, 10:16:00 pm »
Aniena, ek het vir jou verkeerd gese - keringa het my nie R29 000 gekos nie, maar R19 000!! Skuus, ek vergeet deesdae so alles - maar ek dink tog dit begin nou al beter gaan, die vergeetagtigheid van my...
En R10 000 kan nogal 'n verskil maak... :o

Offline aniena

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 278
Re: honde een om presies te wees
« Reply #6 on: August 10, 2008, 10:28:24 pm »
Ag, vreeslik dankie Doreen!!! :clap: :clap: :clap:

Dit help baie.  Ons sal nou maar deur die dinge gaan en kyk wat kom uit die was.  Ons honde sal dan nog 3 mde daar moet bly voor ons hulle oor kan bring. Kom ons hoop maar die finansies is reg by dan!!!

groete

aniena

Nogmaals dankie!!!

SA Going to NZ Advice Forum

Re: honde een om presies te wees
« Reply #6 on: August 10, 2008, 10:28:24 pm »

Lea

  • Guest
Re: honde een om presies te wees
« Reply #7 on: March 02, 2009, 07:47:54 am »
If it is any consolation - friends of ours took our two little dogs and 10 months later when we went back to finalise sale of house and stuff, the dogs were very happy and well settled and they accepted our friends as their new owners.  In our case, our little doggies (miniature pinchers) probably would not have survived such a long period travel, quarantine and stuff. 

Good luck.  It must be so hard for you guys!!!